Soekresultate vir: Spreuke 31:10

SPREUKE 31:26 (AFR83)

As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

SPREUKE 31:27 (AFR83)

Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.

SPREUKE 31:28 (AFR83)

Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:

SPREUKE 31:29 (AFR83)

“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”

SPREUKE 31:30 (AFR83)

Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

SPREUKE 31:31 (AFR83)

Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

SPREUKE 10:1 (AFR83)

Spreuke van Salomo. 'n Wyse seun maak sy vader en moeder bly; 'n dwase seun maak hulle hartseer.

SPREUKE 10:2 (AFR83)

Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God, red 'n mens van die dood.

SPREUKE 10:3 (AFR83)

Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.

SPREUKE 10:4 (AFR83)

'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.

SPREUKE 10:5 (AFR83)

Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; 'n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting.

SPREUKE 10:6 (AFR83)

Die regverdige word geseën. Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.

SPREUKE 10:7 (AFR83)

Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort; die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.

SPREUKE 10:8 (AFR83)

Die mens met verstand aanvaar bevele. Wie aanhou onsin praat, kom tot 'n val.

SPREUKE 10:9 (AFR83)

Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.

SPREUKE 10:10 (AFR83)

Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val.

SPREUKE 10:11 (AFR83)

Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

SPREUKE 10:12 (AFR83)

Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.

SPREUKE 10:13 (AFR83)

Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het; slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.

SPREUKE 10:14 (AFR83)

Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie; as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

SPREUKE 10:15 (AFR83)

Die rykdom is die ryke se veilige vesting; die armoede is die arme se ondergang.

SPREUKE 10:16 (AFR83)

Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf.

SPREUKE 10:17 (AFR83)

Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.

SPREUKE 10:18 (AFR83)

Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat; wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.

SPREUKE 10:19 (AFR83)

Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig.