Soekresultate vir: Psalms 37:4

PSALMS 37:25 (AFR83)

Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

PSALMS 37:26 (AFR83)

Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan.

PSALMS 37:27 (AFR83)

Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon,

PSALMS 37:28 (AFR83)

want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.

PSALMS 37:29 (AFR83)

Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon.

PSALMS 37:30 (AFR83)

Wat die regverdige praat, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg.

PSALMS 37:31 (AFR83)

Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.

PSALMS 37:32 (AFR83)

Die goddelose lê die regverdige voor en soek 'n kans om hom dood te maak,

PSALMS 37:33 (AFR83)

maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie.

PSALMS 37:34 (AFR83)

Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.

PSALMS 37:35 (AFR83)

Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens geil opskiet soos 'n plant,

PSALMS 37:36 (AFR83)

en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie; ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.

PSALMS 37:37 (AFR83)

Maar let nou op die eerbare mens, kyk na die opregte: die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms.

PSALMS 37:38 (AFR83)

Dié wat hulle teen die Here verset, word voor die voet uitgewis, die toekoms van die goddeloses word afgesny,

PSALMS 37:39 (AFR83)

maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood.

PSALMS 4:1 (AFR83)

Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Dawid.

PSALMS 4:2 (AFR83)

O God wat aan my reg verskaf, antwoord my as ek roep. Toe ek in die nood was, het U my bevry. Wees my ook nou genadig en hoor my gebed!

PSALMS 4:3 (AFR83)

Hoe lank gaan julle my eer nog skend, mense, gaan julle valsheid liefhê en voorkeur gee aan leuens? Sela

PSALMS 4:4 (AFR83)

Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep.

PSALMS 4:5 (AFR83)

As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela

PSALMS 4:6 (AFR83)

Julle moet die offers bring wat aan julle voorgeskryf is, en julle moet op die Here vertrou.

PSALMS 4:7 (AFR83)

Daar is baie wat sê: “Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?” Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons!

PSALMS 4:8 (AFR83)

U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.

PSALMS 4:9 (AFR83)

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.

JESAJA 37:4 (AFR83)

Miskien sal die Here u God let op die woorde van die hoofadjudant wat deur die Assiriese koning gestuur is om die lewende God te smaad, en miskien sal die Here u God hulle straf oor wat Hy moes aanhoor. Bid tog vir die klompie van ons wat nog oor is.”