Soekresultate vir: Jesaja 55:11

JESAJA 11:8 (AFR83)

Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange.

JESAJA 11:15 (AFR83)

Die Here sal die Nyldelta laat opdroog. Hy sal 'n skroeiende wind teen die Eufraat stuur en net sewe kanale daarvan laat oorbly wat 'n mens met jou skoene aan kan deurloop.

JESAJA 11:3 (AFR83)

Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie.

JESAJA 11:12 (AFR83)

Die Here sal 'n vaandel oprig onder die nasies en sal die ballinge van Israel bymekaarmaak, die verstrooides van Juda laat saamkom van die uithoeke van die aarde af.

PSALMS 55:11 (AFR83)

dag en nag maal hulle rond op sy mure; daarbinne is onreg en onheil.

JOHANNES 11:55 (AFR83)

Die paasfees van die Jode was naby. Baie mense het voor die paasfees van die platteland af na Jerusalem toe gegaan om hulle te reinig.

JESAJA 2:11 (AFR83)

Die hoogmoediges sal tot 'n val kom, die selfversekerdes sal verneder word. Op dié dag sal net die Here hoog wees.

JESAJA 1:11 (AFR83)

Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie.

JESAJA 14:11 (AFR83)

Jy het met jou hoogmoed, met die klank van jou harpmusiek en al in die doderyk beland. Jy lê tussen die maaiers, jy is oortrek van die wurms.

JESAJA 16:11 (AFR83)

Dit kerm in My oor Moab, dit kerm soos 'n lier, my binneste kerm oor Kir-Geres.

JESAJA 17:11 (AFR83)

al kan jy hulle laat groei dieselfde dag as jy hulle plant, hulle laat uitspruit die môre as jy hulle in die grond sit, van die oes sal niks kom wanneer siekte en smart jou tref nie.

JESAJA 26:11 (AFR83)

U staan gereed om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom: laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk, laat vuur hulle verteer.

JESAJA 33:11 (AFR83)

Al wat julle voortbring, is strooi, al wat julle oplewer, is kaf, en julle asem is die vuur waardeur julle verteer sal word.

JESAJA 41:11 (AFR83)

Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom.

JESAJA 32:11 (AFR83)

Staan maar nou al verskrik, onbesorgdes, begin maar bewe, selfversekerdes! Trek uit julle klere, trek rouklere aan,

JESAJA 61:11 (AFR83)

Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in 'n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer.

JESAJA 64:11 (AFR83)

Ons heilige en pragtige tempel waar ons voorouers U geloof het, is deur vuur verwoes, alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin.

JESAJA 65:11 (AFR83)

Maar julle wat van die Here afvallig geword het, julle wat my heilige berg vergeet het, julle wat vir die afgod Gad offermaaltye hou, wyn inskink vir die afgod Meni,

JESAJA 5:11 (AFR83)

Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaan om agter sterk drank aan te loop en hulle tot laataand dronk te drink aan wyn.

JESAJA 10:11 (AFR83)

Sal ek nie met Jerusalem en sy gode kan doen wat ek met Samaria en syne gedoen het nie?”

JESAJA 7:11 (AFR83)

Vra van die Here jou God 'n teken, enigiets, diep uit die doderyk of uit die hoogtes daarbo.

JESAJA 8:11 (AFR83)

In sy groot mag het die Here my gewaarsku om nie die voorbeeld van hierdie volk te volg nie. Hy het gesê:

JESAJA 38:11 (AFR83)

Ek het gedink ek sal die Here nie meer sien nie, die Here in die land van die lewendes, ek sal geen mens meer sien nie, by dié wat op die aarde woon, nie meer wees nie.

JESAJA 44:11 (AFR83)

Almal wat so 'n god aanhang, word teleurgestel: dit is gode wat deur mense gemaak is. Wanneer dié wat hulle aanhang, bymekaarkom vir 'n beslissing, staan hulle verbyster en verleë.

JESAJA 52:11 (AFR83)

Gee pad, gee pad, kom uit uit Babel! Moenie aan iets raak wat onrein is nie. Kom uit daar! Sorg dat julle rein is, julle wat die tempelgereedskap dra.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid