Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 26:8 (AFR83)

Die Here het ons uit Egipte laat wegtrek deur magtige dade, kragtige groot dade wat vrees ingeboesem het, tekens en wonders.

DEUTERONOMIUM 26:11 (AFR83)

Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon.”

DEUTERONOMIUM 26:18 (AFR83)

Die Here het vandag verklaar dat jy sy eiendomsvolk is soos Hy jou beloof het, en gesê dat jy al sy gebooie moet gehoorsaam,

DEUTERONOMIUM 27:16 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat sy pa of ma minag. “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:22 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy suster, 'n dogter van sy pa of sy ma. “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:23 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy skoonma! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:24 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat sy naaste doodmaak, al is dit in die geheim! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:25 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat omkoopgeld aanvaar om 'n onskuldige dood te maak! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:26 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie hierdie wet onderhou en nie daarvolgens lewe nie! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’ ”

DEUTERONOMIUM 28:2 (AFR83)

“As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk.

DEUTERONOMIUM 28:7 (AFR83)

“Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.

DEUTERONOMIUM 28:15 (AFR83)

“As jy nie luister na die Here jou God nie en jy gehoorsaam nie al sy gebooie en voorskrifte wat ek jou vandag gee, en jy lewe nie daarvolgens nie, sal al hierdie strawwe oor jou kom en jou tref:

DEUTERONOMIUM 28:17 (AFR83)

“Daar sal 'n vloek rus op jou oesmandjie en op jou knieskottel.

DEUTERONOMIUM 28:20 (AFR83)

“Die Here sal die vloek oor jou stuur, verwarring en terugslae in alles wat jy aanpak en doen, totdat Hy jou uitgeroei het en jou skielike ondergang bewerk het oor al die verkeerde dinge wat jy gedoen het deurdat jy Hom verlaat het.

DEUTERONOMIUM 28:21 (AFR83)

“Die Here sal peste en plae aan jou laat kleef totdat Hy jou uitgeroei het uit die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem.

DEUTERONOMIUM 28:25 (AFR83)

“Die Here sal jou laat vlug vir jou vyande. Uit een rigting sal jy teen hulle opruk, maar in talle rigtings sal jy voor hulle uit vlug. Jy sal bewe vir al die koninkryke van die aarde.

DEUTERONOMIUM 28:26 (AFR83)

“Al die voëls en die wilde diere sal aan jou lyke vreet, en niemand sal hulle verjaag nie.

DEUTERONOMIUM 28:27 (AFR83)

Die Here sal jou tref met die swere van Egipte, met bloedvinte, uitslag en jeuksiektes, waarvan jy nie genees sal kan word nie.

DEUTERONOMIUM 28:29 (AFR83)

Jy sal op die helder middag rondtas soos 'n blinde rondtas in sy donkerte. Jy sal nie voorspoed ondervind nie. Jy sal aanhoudend verdruk en beroof word en daar sal niemand wees om jou te help nie.

DEUTERONOMIUM 28:32 (AFR83)

Jou seuns en dogters sal aan 'n vreemde volk gegee word terwyl jy toekyk, en jou oë sal ingee soos jy die hele dag kyk of hulle terugkom, maar jy sal niks daaraan kan doen nie.

DEUTERONOMIUM 28:33 (AFR83)

'n Volk wat jy nie ken nie, sal die opbrengs eet van jou lande en alles waarvoor jy jou afsloof. Daar sal deurentyd net verdrukking en swaarkry vir jou wees,

DEUTERONOMIUM 28:37 (AFR83)

Daar sal jy wees tot 'n spot en 'n skimp onder al die volke na wie toe die Here jou sal bring, iets waarvoor hulle sal skrik.

DEUTERONOMIUM 28:38 (AFR83)

Jy sal baie saad saai, maar min oes, want sprinkane sal die oes opvreet.

DEUTERONOMIUM 28:44 (AFR83)

Hy sal aan jou leen, jy sal nie aan hom leen nie. Hy sal die kop wees en jy die stert.

DEUTERONOMIUM 28:49 (AFR83)

Die Here sal van ver af 'n nasie teen jou laat opruk. Hy sal van die uithoeke van die aarde af kom, vinnig soos 'n arend wat vlieg. Dit sal 'n nasie wees wie se taal jy nie verstaan nie,