Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 15:12 (AFR83)
“Wanneer 'n mede-Israeliet, 'n Hebreër soos jy, 'n man of 'n vrou, aan jou verkoop word, en hy werk ses jaar vir jou, moet jy hom in die sewende jaar vrylaat.
DEUTERONOMIUM 17:14 (AFR83)
“Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou sal gee, en jy dit in besit geneem het en daarin woon, sal jy sê: ‘Ek wil 'n koning oor my aanstel. Elke nasie in my omgewing het 'n koning.’
DEUTERONOMIUM 17:16 (AFR83)
Hy mag nie baie perde aanhou nie en hy mag ook nie die volk na Egipte toe laat teruggaan om vir hulle baie perde aan te skaf nie. Die Here het vir julle gesê: ‘Julle mag nooit weer daarheen teruggaan nie.’
DEUTERONOMIUM 17:17 (AFR83)
Die koning mag ook nie baie vrouens hê nie, sodat hy nie aan die Here ontrou word nie. Hy mag ook nie sy silwer en goud te veel laat word nie.
DEUTERONOMIUM 17:18 (AFR83)
“Wanneer hy as koning oor sy ryk regeer, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet maak. Hiervoor moet hy die eksemplaar van die Levitiese priesters gebruik.
DEUTERONOMIUM 18:12 (AFR83)
Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf.
DEUTERONOMIUM 21:17 (AFR83)
Die man moet die seun van die vrou van wie hy nie hou nie, as oudste erken deur aan hom 'n dubbele deel van alles te gee. Hy is die eersteling van die man se manlike krag, en die reg van die eersteling kom hom toe.
DEUTERONOMIUM 21:18 (AFR83)
“Wanneer 'n man 'n opstandige en ongehoorsame seun het wat nie na sy pa en ma wil luister nie, selfs al straf hulle hom,
DEUTERONOMIUM 22:8 (AFR83)
“Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie.
DEUTERONOMIUM 22:12 (AFR83)
“Jy moet klossies vaswerk aan al die some van jou klere.
DEUTERONOMIUM 22:13 (AFR83)
“Wanneer 'n man 'n vrou trou, kan dit gebeur dat hy 'n afkeer kry van haar nadat hy met haar gemeenskap gehad het
DEUTERONOMIUM 22:20 (AFR83)
Maar as die man die waarheid gepraat het, en daar nie enige tekens dat sy 'n maagd was by haar gevind is nie,
DEUTERONOMIUM 23:9 (AFR83)
“Wanneer jy optrek teen jou vyande, moet jy oppas dat jy nie iets verkeerds doen nie.
DEUTERONOMIUM 23:18 (AFR83)
“Wanneer jy 'n gelofte afgelê het, mag jy nie die loon van 'n prostituut, of dit nou dié van 'n man of 'n vrou is, na die huis van die Here jou God toe bring nie. Hy het 'n afkeer van hierdie twee dinge.
DEUTERONOMIUM 24:2 (AFR83)
Sy kan dan uit sy huis uit gaan en met 'n ander man trou.
DEUTERONOMIUM 24:4 (AFR83)
mag haar eerste man wat haar weggestuur het, nie weer met haar trou nie. Sy is verontreinig, en as hy weer met haar trou, sal dit vir die Here iets afskuweliks wees. Jy mag nie die land wat die Here jou God vir jou as besitting sal gee, onder jou sonde laat ly nie.”
DEUTERONOMIUM 24:6 (AFR83)
“Jy mag nie iemand se twee maalklippe as pand neem nie, selfs nie die boonste maalklip nie, want dan vat jy sy daaglikse brood as pand.
DEUTERONOMIUM 24:12 (AFR83)
As die man arm is, moet jy nie die pand ná slaaptyd hou nie.
DEUTERONOMIUM 24:14 (AFR83)
“Jy mag nie 'n huurling wat arm en behoeftig is, laat swaarkry nie, of hy nou al 'n volksgenoot is of 'n vreemdeling wat by jou woon in een van jou land se stede.
DEUTERONOMIUM 24:21 (AFR83)
Wanneer jy jou wingerd oes, mag jy nie agterna weer gaan oes nie. Wat agtergebly het, moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee.
DEUTERONOMIUM 25:6 (AFR83)
Haar eerste seun moet die naam van die afgestorwe broer dra sodat sy naam nie uit Israel uitsterf nie.
DEUTERONOMIUM 25:8 (AFR83)
“Die stadsleiers moet hom dan laat roep en met hom praat. As hy daarop staan en bly sê: ‘Ek wil nie met haar trou nie,’
DEUTERONOMIUM 25:9 (AFR83)
moet sy skoonsuster na hom toe kom en in die teenwoordigheid van die stadsleiers moet sy sy skoen uittrek en hom in die gesig spoeg en vir hom sê: ‘So sal dit gaan met die man wat nie vir sy broer 'n huis, 'n nageslag, wil bou nie.’
DEUTERONOMIUM 26:3 (AFR83)
Jy moet na die priester toe gaan wat in daardie tyd daar sal wees, en vir hom sê: ‘Ek verklaar vandag voor die Here u God dat ek gekom het in die land wat die Here met 'n eed aan ons voorvaders beloof het om aan ons te gee.’
DEUTERONOMIUM 26:4 (AFR83)
Dan moet die priester die mandjie by jou vat en dit neersit voor die altaar van die Here jou God.