Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 14:3 (AFR83)

“Julle mag niks eet wat afstootlik is nie.

DEUTERONOMIUM 14:4 (AFR83)

Die diere waarvan julle mag eet, is: bees, skaap, bok,

DEUTERONOMIUM 14:5 (AFR83)

takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok, springbok,

DEUTERONOMIUM 14:6 (AFR83)

al dié wat volledig gesplete kloue het en herkou.

DEUTERONOMIUM 14:7 (AFR83)

Maar dié wat net herkou of net volledig gesplete kloue het, mag julle nie eet nie: die kameel, die haas, die dassie. Hulle herkou maar het nie gesplete kloue nie: hulle is vir julle onrein.

DEUTERONOMIUM 14:8 (AFR83)

Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.

DEUTERONOMIUM 14:9 (AFR83)

“In die geval van waterdiere mag julle alles eet wat vinne en skubbe het.

DEUTERONOMIUM 14:10 (AFR83)

Maar julle mag nie dié eet wat nie vinne en skubbe het nie: hulle is vir julle onrein.

DEUTERONOMIUM 14:11 (AFR83)

“Julle mag alle rein voëls eet.

DEUTERONOMIUM 14:12 (AFR83)

Die volgende mag egter nie geëet word nie: arende, lammervangers en visarende;

DEUTERONOMIUM 14:13 (AFR83)

swartaasvoëls, valke en al die roofvoëlsoorte;

DEUTERONOMIUM 14:14 (AFR83)

al die kraaisoorte;

DEUTERONOMIUM 14:15 (AFR83)

volstruise, nagvalke, seemeeue en alle soorte roofvoëls;

DEUTERONOMIUM 14:16 (AFR83)

uile, ibisse en flaminke;

DEUTERONOMIUM 14:17 (AFR83)

pelikane, swane en visvangers;

DEUTERONOMIUM 14:18 (AFR83)

ooievaars en al die reiersoorte; hoep-hoepe en vlermuise.

DEUTERONOMIUM 14:19 (AFR83)

“Alle insekte wat vlerke het, is vir julle onrein. Hulle mag nie geëet word nie.

DEUTERONOMIUM 14:20 (AFR83)

Julle mag net rein voëls eet.

DEUTERONOMIUM 14:21 (AFR83)

“Julle mag nie 'n dier wat gevrek het, eet nie. Gee dit vir die vreemdeling wat by julle bly, en hy kan dit eet, of verkoop dit aan 'n uitlander. Julle is 'n gewyde volk, julle behoort aan die Here julle God. “Julle mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.”

DEUTERONOMIUM 14:22 (AFR83)

“Jy moet elke jaar 'n tiende van die opbrengs van jou gesaaides, van wat op jou land groei, opsy sit:

DEUTERONOMIUM 14:23 (AFR83)

jy moet dit in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te laat woon. Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee, sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer.

DEUTERONOMIUM 14:24 (AFR83)

Maar as die Here jou God jou baie voorspoedig maak en die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te vestig boonop nog ver van jou af is, sodat jy nie die tiende die hele ent pad kan dra nie,

DEUTERONOMIUM 14:25 (AFR83)

kan jy die tiende in geld omsit. Jy moet dan die geld vat en na die plek toe gaan wat die Here jou God vir Hom gekies het.

DEUTERONOMIUM 14:26 (AFR83)

Daar moet jy met die geld koop net wat jy wil: bees, skaap, wyn, bier, of enigiets anders wat jy wil hê. Dan moet jy en jou familie dit daar in die teenwoordigheid van die Here jou God eet en bly wees.

DEUTERONOMIUM 14:27 (AFR83)

Moenie die Leviete wat in jou omgewing woon, vergeet nie, want hulle het nie 'n eie grondgebied as besitting saam met jou gekry nie.