Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 28:27 (AFR83)

Die Here sal jou tref met die swere van Egipte, met bloedvinte, uitslag en jeuksiektes, waarvan jy nie genees sal kan word nie.

DEUTERONOMIUM 28:28 (AFR83)

Die Here sal jou tref met kranksinnigheid en blindheid en waansin.

DEUTERONOMIUM 28:29 (AFR83)

Jy sal op die helder middag rondtas soos 'n blinde rondtas in sy donkerte. Jy sal nie voorspoed ondervind nie. Jy sal aanhoudend verdruk en beroof word en daar sal niemand wees om jou te help nie.

DEUTERONOMIUM 28:37 (AFR83)

Daar sal jy wees tot 'n spot en 'n skimp onder al die volke na wie toe die Here jou sal bring, iets waarvoor hulle sal skrik.

DEUTERONOMIUM 28:38 (AFR83)

Jy sal baie saad saai, maar min oes, want sprinkane sal die oes opvreet.

DEUTERONOMIUM 28:39 (AFR83)

Jy sal wingerde plant en bewerk, maar jy sal nie wyn daarvan drink of druiwe daarvan oes nie, want wurms sal dit opvreet.

DEUTERONOMIUM 28:40 (AFR83)

Oral in jou grondgebied sal jy olyfbome hê, maar jy sal jou liggaam nie met hulle olie versorg nie, want die olywe sal afval.

DEUTERONOMIUM 28:41 (AFR83)

Jy sal seuns en dogters hê, maar jy sal hulle nie behou nie, want hulle sal as ballinge weggevoer word.

DEUTERONOMIUM 28:42 (AFR83)

Goggas sal jou bome en die opbrengs van jou lande oorneem.

DEUTERONOMIUM 28:43 (AFR83)

Die vreemdeling wat by jou woon, sal meer en meer kry, en jy sal agteruitboer en minder en minder hê.

DEUTERONOMIUM 28:55 (AFR83)

Hy sal vir nie een van hulle die vleis van sy eie kinders gee wat hy eet nie, want dan hou hy niks vir homself oor nie. Dit is wat sal gebeur wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry in al jou stede.

DEUTERONOMIUM 28:56 (AFR83)

Die sagste en mees verfynde vrou by jou wat nie eers sal probeer om 'n voet op die grond te sit nie, so verfyn en sag is sy, sal vir haar man vir wie sy lief is, of vir haar seun of haar dogter niks omgee nie. Sy sal hulle nie laat eet

DEUTERONOMIUM 28:57 (AFR83)

van die nageboorte of van die vleis van haar kinders wat sy in die wêreld gebring het nie. Sy sal alles in die geheim opeet, so honger sal sy wees. Dit sal gebeur wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry in al jou stede.

DEUTERONOMIUM 28:58 (AFR83)

“Sorg dat jy lewe volgens al die bepalings van hierdie wet wat in hierdie boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God, Hy aan wie se Naam eer en ontsag toekom.

DEUTERONOMIUM 28:59 (AFR83)

As jy dit nie doen nie, sal Hy ontsettende rampe oor jou en jou nageslag bring, groot en langdurige rampe, kwaadaardige en ongeneeslike siektes.

DEUTERONOMIUM 28:60 (AFR83)

Hy sal al die siektes van Egipte oor jou bring, alles waarvoor jy bang is, en hulle sal ongeneeslik wees.

DEUTERONOMIUM 28:61 (AFR83)

Die Here sal ook al die siektes en rampe wat nie in hierdie wetboek genoem is nie, oor jou laat kom totdat Hy jou uitgeroei het.

DEUTERONOMIUM 28:62 (AFR83)

“Julle was so baie soos die sterre aan die hemelruim, maar daar sal net 'n klompie van julle oorbly omdat jy nie die Here jou God gehoorsaam het nie.

DEUTERONOMIUM 28:63 (AFR83)

“Soos die Here jou God Hom oor julle verbly het toe Hy aan julle goed gedoen en julle baie gemaak het, so sal Hy Hom verbly wanneer Hy julle tot niet maak en julle uitroei. Julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

DEUTERONOMIUM 28:64 (AFR83)

Die Here sal jou verstrooi onder al die volke, oor die hele aarde. Daar sal jy ander gode dien wat jy en jou voorvaders nie geken het nie, gode van hout en klip.

DEUTERONOMIUM 29:2 (AFR83)

Moses het die hele Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het self ondervind wat die Here alles voor julle oë met Egipte, met die farao en al sy amptenare en met sy hele land gedoen het:

DEUTERONOMIUM 29:3 (AFR83)

die groot rampe wat julle self gesien het, die tekens, daardie groot wonderdade.

DEUTERONOMIUM 29:4 (AFR83)

En tog het die Here tot nou toe nie vir julle verstand gegee om te verstaan, oë om te sien en ore om te luister nie.

DEUTERONOMIUM 29:5 (AFR83)

Ek het julle veertig jaar deur die woestyn gelei: julle klere het nie aan julle liggame verslyt en julle skoene het nie stukkend afgeval van julle voete af nie.

DEUTERONOMIUM 29:6 (AFR83)

Julle het nie brood geëet en wyn of bier gedrink nie sodat julle kon leer dat die Here julle God is.