Depressie

Dag 1 van 7 • Vandag se leesstuk

Oordenking
Depressie kan op so baie vlakke ervaar word en vir so baie verskillende redes. Dit is selde dat dit maklik is om uit depressie te kom. En natuurlik is daar ook nog 'n verskil tussen depressief wees en om 'n depressiewe lewe te lei. Iets kan dalk anders uitdraai as wat jy gehoop het en dan voel jy depressief, maar wanneer jou keuses en jou lewe anders begin lyk as gevolg van negatiewe gevoelens binne in jou, dan staar jy depressie in die gesig.



Depressie is die vrug van iets dieper. Jy hoef nie skaam te wees oor jou gevoelens nie, maar jy moet weet dat God iets beter vir jou wil hê. Hy wil jou troos en jou herstel tot 'n lewe van vreugde. Raak stil voor God en laat Hom toe om jou berader te wees.