SEFANJA 2:1-3
SEFANJA 2:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Israeliete, julle is nie skaam oor alles wat julle gedoen het nie. Julle moet julle lewe verander voordat die dag van die Here kom. Op die dag van die Here sal julle brand soos kaf in vuur brand. Julle moet verander voordat die Here julle straf, want Hy is baie kwaad. Almal in die land wat nederig is, moet vra wat die Here wil hê en hulle moet dit doen. Julle moet aanhou om reg te doen en nederig te wees. Miskien sal die Here julle nie straf wanneer Hy kom nie.
SEFANJA 2:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KOM tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie! Voordat die besluit baar — soos kaf gaan die dag verby — voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE. Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid — miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.
SEFANJA 2:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ruk julle reg, onbeskaamde nasie, voordat die besluit voltrek word, voordat die dag kom en julle soos kaf word voor die gloed van die toorn van die Here, voordat die dag van die toorn van die Here oor julle kom. Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid! Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here.
SEFANJA 2:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom byeen, kom bymekaar, skaamtelose nasie, voor die bestemde tyd aanbreek – 'n dag vergaan soos kaf! – voordat die HERE se brandende toorn julle inhaal, voordat die dag van die HERE se toorn julle inhaal. Soek die HERE, al die nederiges van die land wat sy opdrag uitgevoer het. Soek geregtigheid, soek nederigheid; miskien vind julle 'n skuilplek op die dag van die HERE se toorn.
SEFANJA 2:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kom bymekaar, ja, kom bymekaar, o onbegeerlike nasie; Voordat die bevel gebring het, voordat die dag verbygaan soos kaf, voordat die toorngloed van die HERE oor jou kom, voordat die dag van die toorn van die HERE oor jou kom. Soek die HERE, alle sagmoediges van die aarde, wat sy oordeel voltrek het; soek geregtigheid, soek sagmoedigheid; miskien sal julle verborge wees op die dag van die toorn van die HERE.
SEFANJA 2:1-3 Die Boodskap (DB)
Die boodskap van die Here aan die mense van Juda is dat hulle bymekaar moet kom en moet bid. Hulle is eintlik ’n nuttelose klomp mense sonder enige skaamte. Julle moet bymekaarkom voordat die Here julle sal straf soos Hy besluit het om te doen. Julle moet dit doen voordat sy woede julle tref en die tyd kom dat Hy julle soos kaf wegwaai omdat Hy kwaad is. Daar is van julle wat nederige mense is en graag doen wat reg is. Die beste ding wat julle kan doen, is om uit te vind wat die Here wil hê julle moet doen. As julle probeer om regverdig op te tree en nederig te bly, sal die Here julle miskien teen sy woede beskerm wanneer die tyd aanbreek dat Hy mense gaan straf.
SEFANJA 2:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Reël ’n byeenkoms en vergader, skaamtelose nasie! Doen dit terwyl julle nog kan, voordat die oordeel begin en julle soos kaf sal wegwaai. Doen dit nou, voordat die brandende woede van die HERE oor julle ontvlam. Doen dit voordat sy verskriklike oordeelsdag vir julle aanbreek. Soek die HERE, alle nederiges in die land, en doen wat Hy van julle verwag. Soek wat reg is en wees nederig. Miskien sal Hy julle beskerm wanneer die oordeelsdag aanbreek.