SEFANJA 1:3
SEFANJA 1:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek gaan mens en dier uitwis. Ek gaan die voëls van die hemel en die visse in die see uitwis – ook die struikelblokke saam met die goddeloses. Ek gaan die mensdom uitdelg van die aardbodem af,” is die uitspraak van die HERE.
SEFANJA 1:3 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal die mense en die diere doodmaak en wegvee, Ek sal die voëls in die lug en die visse in die see wegvee. Ek sal ook die slegte mense wegvee, die mense wat gekeer het dat ander mense reg doen. Ek sal die mense doodmaak en wegvat van die aarde af,” sê die Here.
SEFANJA 1:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
SEFANJA 1:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier, aan voëls en visse, Ek gaan 'n einde maak aan dié wat mense laat struikel het, en aan die goddeloses; Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sê die Here.
SEFANJA 1:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal mens en dier verteer; Ek sal die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke by die goddelose verteer; en Ek sal die mens uit die land uitroei, spreek die HERE.