SEFANJA 1:2,4
SEFANJA 1:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Ek sal alles wegvee van die aarde af.
Sefanja 1:4 Bybel vir almal (ABA)
“Ek sal die mense van Juda en die mense in Jerusalem straf. Ek sal almal doodmaak wat nog die afgod Baäl dien. Niemand sal die name onthou van die afgode se priesters nie. Ek sal al die priesters doodmaak
SEFANJA 1:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
SEFÁNJA 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters
SEFANJA 1:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gaan 'n einde maak aan alles op aarde, sê die Here
SEFANJA 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gaan my hand uitsteek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem, Ek gaan uit hierdie plek uitroei wat daar nog van Baäl oor is: die naam van die afgodspriesters, van alle priesters
SEFANJA 1:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek gaan beslis alles van die aardbodem af uitwis, ” is die uitspraak van die HERE.
Sefanja 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek gaan my hand teen Juda en al die inwoners van Jerusalem uitstrek. Ek gaan uit hierdie plek alles wat van Baäl oorgebly het, uitroei, die name van die afgodsdienaars, asook die priesters.
SEFANJA 1:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal alles uit die land met die banvloek tref, spreek die HERE.
Sefanja Sefanja 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal ook my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; en Ek sal die oorblyfsel van Baäl uit hierdie plek uitroei, en die naam van die Kemarims saam met die priesters
Sefanja 1:4 Die Boodskap (DB)
Eerste aan die beurt is die mense van Juda en Jerusalem. Die Here gaan die mense van Juda en Jerusalem straf. Hy gaan alles uitroei wat nog met die aanbidding van Baäl in Jerusalem te doen het. Hy gaan ook sorg dat niemand meer die priesters wat in Baäl se diens gestaan het, kan onthou nie.