SAGARIA 8:1-8
SAGARIA 8:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar was nog ’n boodskap van die HERE, die Almagtige, aan my. Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: “My liefde vir Sion is baie sterk. Ek is passievol oor Jerusalem.” So sê die HERE: “Ek keer terug na Sion, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, die berg van die HERE, die Almagtige, sal genoem word Heilige Berg.” Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: “Ou mans en vroue sal weer op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met ’n kierie omdat hulle so oud is. Die strate van die stad sal weer vol seuns en dogters wees wat daar speel.” Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: “Al hierdie dinge lyk dalk vandag vir julle, ’n klein en mismoedige oorblyfsel van God se volk, onmoontlik. Maar dink julle dit is onmoontlik vir My, die HERE, die Almagtige?” Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: “Julle kan daarvan seker wees dat Ek my volk gaan red van die nasies in die ooste en die weste. Ek gaan hulle weer tuis laat kom en veilig in Jerusalem laat woon. Hulle sal my volk wees en Ek sal in trou en regverdigheid hulle God wees.”
SAGARIA 8:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here die Almagtige het tot my gekom. So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Sion, Ek het woedend geword vir sy vyande, so begaan is Ek oor hom. So sê die Here: Ek gaan na Sion toe terugkom, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, Berg van die Here die Almagtige, Heilige Berg. So sê die Here die Almagtige: Daar sal weer bejaarde mans en vrouens, ryp in jare, op die pleine in Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand. Die pleine in die stad sal vol seuns en dogters wees wat daar speel. So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê. So sê die Here die Almagtige: Ek gaan my volk red uit die land in die ooste, uit die land waar die son opkom. Ek gaan hulle bring, en hulle gaan in Jerusalem woon. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, in trou en in geregtigheid.
SAGARIA 8:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, het met Sagaria gepraat. Hy het gesê: “Ek is baie lief vir die stad Jerusalem, en Ek is baie kwaad vir die vyande wat Jerusalem verwoes het. En nou sê Ek: Ek sal terugkom na Jerusalem en Ek sal weer daar woon. Die mense sal sê Jerusalem is die stad waar die mense doen wat die Here wil hê, en hulle sal sê die berg van die Here wat oor alles regeer, is die gewyde berg.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daar sal weer ou mans en ou vroue sit op die oop plekke in Jerusalem, en hulle sal almal hulle kieries in hulle hand vashou omdat hulle baie oud geword het. En kinders sal oral op die oop plekke in Jerusalem speel.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die mense wat in daardie tyd nog lewe, sal miskien dink dit kan nie gebeur nie. Moet Ek dan ook dink dit kan nie gebeur nie? Nee.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal my volk red uit die lande waar hulle nou woon, die lande in die ooste en die lande in die weste. Ek sal hulle terugbring, en hulle sal in Jerusalem woon. Hulle sal my volk wees, en net Ek sal hulle God wees. Ek sal sorg dat alles reg is tussen My en hulle.”
SAGARIA 8:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die woord van die HERE van die leërskare het gekom en gesê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek ywer oor Sion met 'n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor. So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg. So sê die HERE van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit — elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae. En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel. So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare. So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ék sal vir hulle 'n God wees, in trou en geregtigheid.
SAGARIA 8:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here die Almagtige het tot my gekom. So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Sion, Ek het woedend geword vir sy vyande, so begaan is Ek oor hom. So sê die Here: Ek gaan na Sion toe terugkom, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, Berg van die Here die Almagtige, Heilige Berg. So sê die Here die Almagtige: Daar sal weer bejaarde mans en vrouens, ryp in jare, op die pleine in Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand. Die pleine in die stad sal vol seuns en dogters wees wat daar speel. So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê. So sê die Here die Almagtige: Ek gaan my volk red uit die land in die ooste, uit die land waar die son opkom. Ek gaan hulle bring, en hulle gaan in Jerusalem woon. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, in trou en in geregtigheid.
SAGARIA 8:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dít was die woord van die HERE, Heerser oor alle magte: “ So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Ek is besorg oor Sion, baie besorg. Ek is diep besorg oor haar.’ “ So sê die HERE, ‘Ek keer terug na Sion en sal in Jerusalem woon. Jerusalem sal “die getroue stad” genoem word en die berg van die HERE, Heerser oor alle magte, sal “heilige berg” genoem word.’ “ So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand van ouderdom. En die pleine van die stad sal vol seuns en dogters wees wat daar speel.’ “So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘As dit in daardie dae onmoontlik gelyk het in die oë van hulle wat van hierdie volk oorgebly het, sal dit dan in My oë ook onmoontlik wees?’ ” Dit is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. “ So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die oostelike en westelike streke en hulle bring om in Jerusalem te woon. Hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, in waarheid en geregtigheid.’
SAGARIA 8:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weer het die woord van die HERE van die leërskare tot my gekom en gesê: So sê die HERE van die leërskare: Ek was jaloers op Sion met groot ywer, en ek was jaloers op haar met groot grimmigheid. So sê die HERE; Ek het teruggekeer na Sion en sal in die middel van Jerusalem woon, en Jerusalem sal 'n stad van waarheid genoem word; en die berg van die HERE van die leërskare, die heilige berg. So sê die HERE van die leërskare: Daar sal nog ou manne en ou vroue woon op die strate van Jerusalem, en elkeen met sy staf in sy hand vir baie ouderdom. En die strate van die stad sal vol wees van seuns en meisies wat op die strate daarvan speel. So sê die HERE van die leërskare: As dit wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in hierdie dae, moet dit dan ook wonderlik wees in my oë? spreek die HERE van die leërskare. So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek sal my volk verlos uit die oostelike land en uit die westelike land; En Ek sal hulle bring, en hulle sal in die middel van Jerusalem woon; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees in trou en in geregtigheid.
SAGARIA 8:1-8 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Sagaria gesê om weer met sy volk te praat. Hy het gesê: Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Jerusalem lê My baie na aan die hart. My liefde vir die plek is so groot dat Ek woedend word as iemand enigiets verkeerds teen die stad doen. Ek sal na Jerusalem toe terugkom en weer in die stad kom bly. Mense sal Jerusalem as die Stad van Waarheid ken. Die berg waarop die tempel van die Here staan, sal ’n spesiale plek wees om die Here op te aanbid. Verder het die Here ook gesê: Ou mense met baie kennis van die lewe, mans en vroue, sal ook weer in die strate van Jerusalem met hulle kieries loop. Daar sal ook baie seuns en meisies wees wat in die strate speel.” Die Here sê: “’n Groepie van Juda se mense het oorgebly nadat hulle ’n klompie jare terug na Babel toe weggevat is. Miskien is dit nou vir hierdie mense moeilik om te glo dat die dinge gaan gebeur wat Ek gesê het Ek gaan doen. Sê My, dink julle dit is vir My onmoontlik om hierdie dinge te doen net omdat hulle dink Ek kan nie? Ek is tog die Here wat sterker as alles en almal is! Luister ’n bietjie na wat die Here sê: Ek gaan my mense red uit die lande in die ooste en die weste. Ek sal hulle na Jerusalem toe terugbring sodat hulle weer daar kan bly. Soos vroeër sal hulle my volk wees en Ek hulle God. Ek sal lojaal aan hulle wees en regverdig.”