SAGARIA 6:15
SAGARIA 6:15 Bybel vir almal (ABA)
Mense sal van ver plekke kom en hulle sal help om die tempel te bou.” Wanneer dit gebeur, dan sal julle weet dat die Here vir my, Sagaria, gestuur het. Hy is die Here wat oor alles regeer. Maar dit sal net gebeur as julle goed luister na wat julle God die Here vir julle sê.
SAGARIA 6:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God.
SAGARIA 6:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mense sal van ver af kom en aan die tempel van die Here bou, sodat julle sal weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het. Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God.
SAGARIA 6:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mense sal van ver af kom om aan die tempel van die HERE te bou. Dan sal julle weet dat dit die HERE, Heerser oor alle magte, is wat my na julle gestuur het. Dit sal gebeur as julle getrou luister na die stem van die HERE julle God. ” ’ ”
SAGARIA 6:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die wat ver is, sal kom en bou aan die tempel van die HERE, en julle sal weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal gebeur as julle ywerig luister na die stem van die HERE julle God.
SAGARIA 6:15 Die Boodskap (DB)
“Mense sal van oral af kom om die tempel van die Here te help bou. As dit gebeur, sal dit weer vir julle ’n bewys wees dat die Here my gestuur het. Ek praat nie sommer net wat in my eie kop opkom nie. Hierdie goeie dinge sal gebeur as julle mooi versigtig alles doen wat die Here wil hê julle moet doen.”
SAGARIA 6:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mense sal van ver lande af kom om die tempel van die HERE te herbou. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat my boodskappe van die HERE, die Almagtige, af kom. Al hierdie dinge gebeur as julle nougeset gehoorsaam is aan die gebooie van die HERE julle God.