SAGARIA 4:7
SAGARIA 4:7 Bybel vir almal (ABA)
Jy sal die groot berg voor jou plat maak en jy sal die tempel bou. En wanneer jy die laaste klip op sy plek sit, dan sal die mense hard sê: ‘Die Here is goed vir ons in Jerusalem.’ ”
SAGARIA 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!
SAGARIA 4:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Selfs die grootste berg sal voor Serubbabel 'n gelykte word. As Serubbabel die laaste klip van die tempel op sy plek sit, sal die mense roep: “Mooi, mooi!”
SAGARIA 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Wie is jy, groot berg? Voor Serubbabel word jy 'n vlakte. Hy sal die sluitsteen naderbring onder uitroepe van, “Genade, genade hiervoor!” ’ ”
SAGARIA 4:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie is jy, o groot berg? voor Serubbábel sal jy 'n vlakte word, en hy sal sy grafsteen te voorskyn bring met geskreeu en roep: Genade, genade daarvoor!
SAGARIA 4:7 Die Boodskap (DB)
Geen probleem of struikelblok sal in sy pad staan nie. Al voel dit soos ’n berg wat in sy pad staan, dit sal gelyk gemaak word soos ’n plat vlakte. Wanneer Serubbabel die laaste steen in die tempel inbou, sal die mense skree: “Mag dit goed gaan, mag dit goed gaan met die tempel!”