SAGARIA 11:4-5
SAGARIA 11:4-5 Bybel vir almal (ABA)
My God die Here het gesê: “Jy moet die slagskape oppas. Die mense wat die skape gekoop het, slag hulle en die mense is nie jammer daaroor nie. Die mense wat die skape verkoop, sê: ‘Prys die Here, ons word ryk.’ Die skaapwagters is ook nie jammer vir die skape nie.”
SAGARIA 11:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape — hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.
SAGARIA 11:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
So het die Here my God gesê: Gaan wees 'n herder vir die slagskape. Hulle eienaars self slag hulle sonder skuldgevoel, of verkoop hulle en sê: “Prys die Here, ek word ryk!” Ook die skape se herders gee vir hulle niks om nie.
SAGARIA 11:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE my God: “Pas die kleinvee op wat geslag gaan word! Hulle kopers maak hulle dood sonder om daarvoor te boet, en hulle verkopers sê, ‘Prys die HERE, ek word ryk!’ Hulle herders het nie medelye met hulle nie.
SAGARIA 11:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE my God: Voed die kudde van die slagting; Wie se besitters maak hulle dood en hou hulle onskuldig; en die wat hulle verkoop, sê: Geloofd sy die HERE! want Ek is ryk, en hulle eie herders ontferm hulle nie.
SAGARIA 11:4-5 Die Boodskap (DB)
Die Here, wat die God is wat ek aanbid, het vir my gesê: “Pas hierdie volk op soos ’n herder sy skape oppas. Wat met hierdie skape gaan gebeur, is erg; hulle is op pad slagpale toe om geslag te word. Die mense wat hierdie skape koop, voel nie eers ’n tikkie sleg om hulle te slag nie. As hulle die skape nie slag nie, verkoop hulle hulle en sê: ‘Prys die Here, nou is ons ryk.’ Die herders gee ook niks vir die skape om nie.”