SAGARIA 1:4
SAGARIA 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie doen wat julle voorvaders gedoen het nie. Die profete wat daardie tyd gelewe het, het julle voorvaders gewaarsku. Hulle het gesê die Here wat oor alles regeer, sê: Julle moet ophou om verkeerd te lewe en verkeerd te doen. Maar julle voorvaders het nie geluister na My nie.
SAGARIA 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
SAGARIA 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie soos julle voorvaders wees nie. Die profete van vroeër het hulle aangespreek en gesê: “So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle van julle slegte lewe en julle slegte dade!” Maar hulle was ongehoorsaam, hulle het hulle nie aan My gesteur nie, sê die Here.