TITUS 3:10-11
TITUS 3:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand mense laat twis met mekaar, dan moet jy vir hom sê hy moet ophou om dit te doen, en as hy nie luister nie, dan moet jy dit weer vir hom sê. As hy dán ook nie luister nie, dan moet jy hom heeltemal los. Jy weet dat iemand wat nie wil luister nie, heeltemal deurmekaar is. Sy sondes wys dat hy skuldig is wanneer God hom oordeel.
TITUS 3:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op 'n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.
TITUS 3:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie, omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.
TITUS 3:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand verdeeldheid saai, wys hom ná 'n eerste en tweede vermaning weg, omdat jy weet dat so 'n persoon op 'n verkeerde pad is en sonde doen; hy veroordeel homself.
TITUS 3:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Man wat 'n ketter is na die eerste en tweede vermaning verwerp; Hy weet dat hy wat so is, ondermyn word en sondig, deur homself veroordeel te word.
TITUS 3:10-11 Die Boodskap (DB)
Loop lig vir daardie mense wat moeilikheid maak. Sê vir hulle om op te hou daarmee. As dit nie help nie, gaan probeer ’n tweede keer. Maar daarna moet jy hulle uitlos. Dan weet jy dat hulle hulle nie aan God steur nie. Hulle eie sondes sal op die ou end teen hulle tel.