Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

TITUS 3:10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

TITUS 3:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie

TITUS 3:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning

TITUS 3:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Vermy ’n skeurmaker wat na een of twee vermanings nog daarmee voortgaan

TITUS 3:10 DB (Die Boodskap)

Loop lig vir daardie mense wat moeilikheid maak. Sê vir hulle om op te hou daarmee. As dit nie help nie, gaan probeer ’n tweede keer. Maar daarna moet jy hulle uitlos.

TITUS 3:10 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer iemand mense laat twis met mekaar, dan moet jy vir hom sê hy moet ophou om dit te doen, en as hy nie luister nie, dan moet jy dit weer vir hom sê. As hy dán ook nie luister nie, dan moet jy hom heeltemal los.

TITUS 3:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

As iemand verdeeldheid saai, wys hom ná 'n eerste en tweede vermaning weg

TITUS 3:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

'n Man wat 'n ketter is na die eerste en tweede vermaning verwerp