TITUS 3:1
TITUS 3:1 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir die gelowiges sê dat hulle moet onthou om te luister na almal wat oor hulle regeer, hulle moet gehoorsaam wees. Hulle moet altyd gereed wees om goeie dinge te doen.
TITUS 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERINNER hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk
TITUS 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is.
TITUS 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Herinner hulle daaraan om aan die owerheid en alle gesag onderdanig te wees, om gehoorsaam te wees en bereid tot elke goeie werk
TITUS 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Stel hulle in gedagte om aan owerhede en magte onderworpe te wees, om magistrate gehoorsaam te wees, gereed te wees tot elke goeie werk