TITUS 1:5
TITUS 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Weet jy hoekom ek gesê het jy moet op die eiland Kreta bly? Dit is sodat jy al die dinge kan doen wat ek nie gedoen het nie. Jy moet ook in elke stad ouderlinge kies en aanstel. Ek het vir jou gesê hoe jy dit moet doen.
TITUS 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OM hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het
TITUS 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het jou op Kreta agtergelaat met die bedoeling dat jy die dinge wat nog gereël moes word, in orde moet bring en dat jy in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het.
TITUS 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiervoor het ek jou in Kreta laat agterbly: dat jy onafgehandelde sake kan afhandel, en in elke dorp ouderlinge kan aanstel, soos ek aan jou opgedra het.
TITUS 1:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het ek jou op Kreta agtergelaat, dat jy die dinge wat ontbreek, moet orden en ouderlinge in elke stad aanstel, soos Ek jou aangestel het.
TITUS 1:5 Die Boodskap (DB)
Ek het jou vroeër op die eiland Kreta agtergelaat. Dit was met ’n spesifieke doel. Ek wil hê jy moet sorg dat sake in die verskillende gemeentes reg en goed georganiseer is. Verder moet jy ook in die verskillende dorpe ouderlinge aanstel soos ek vir jou gesê het.