HOOGLIED 5:1
HOOGLIED 5:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek het na my tuin toe gekom, my suster, liewe bruid. Ek het my mirre, my geurige kruie kom pluk. Ek het my heuning kom eet, my wyn en melk kom drink.” “Eet, vriende, drink; word dronk van die liefde, minnaar.”
HOOGLIED 5:1 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê: “My suster, my bruid, ek kom na my tuin, ek pluk my mirre saam met my kruie, ek eet my heuningkoek saam met my heuning, ek drink my wyn saam met my melk.” Vriende, julle moet eet, vriende, julle moet drink, julle moet dronk word van die liefde.
HOOGLIED 5:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het my mirre met my balsem gepluk, ek het geëet van my heuningkoek met my heuning, ek het gedrink my wyn met my melk; eet, vriende, drink en word dronk, bemindes.
HOOGLIED 5:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek het na my tuin toe gekom, my beminde bruid, ek pluk my mirre, my lekkerruik-kruie, ek eet my lekker vars heuning, ek drink my wyn en my melk. “Eet, vriende, drink, word dronk van die liefde.”
HOOGLIED 5:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek kom na my tuin, my suster, my bruid. Ek pluk my mirre met my speserye, ek eet my heuningkoek met my heuning, ek drink my wyn met my melk. Eet, vriende! Drink, en word van liefde dronk!
HOOGLIED 5:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het in my tuin gekom, my suster, my huweliksmaat; ek het my mirre bymekaargemaak met my speserye; Ek het my heuningkoek saam met my heuning geëet; Ek het my wyn saam met my melk gedrink; eet, o vriende! drink, ja, drink oorvloedig, o geliefdes.
HOOGLIED 5:1 Die Boodskap (DB)
My liefste, ek het na my tuin toe gekom. Ek het mirre gepluk en dit met speserye gemeng. Ek het heuning geëet en wyn met melk gedrink. Julle twee verliefdes moet eet en van die liefdesdrank drink. En gee julle dan oor aan die liefde tot die oggend aanbreek.