Slaan direk na inhoud oor

RUT 4:4 – Vergelyk alle weergawes

RUT 4:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek het gedink ek behoort dit vir jou te sê. Koop dit nou in die teenwoordigheid van almal wat hier sit en voor die leiers van die volk; indien jy bereid is om as losser op te tree, doen dit dan, maar indien nie, sê dit vir my dat ek dit weet, want ek is ná jou die volgende een wat die lossersreg moet uitoefen.” Hy antwoord toe: “Ek is bereid om as losser op te tree.”

RUT 4:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Nou het ek gedink, ek sal jou dit meedeel en sê: Koop dit voor die wat hier sit, en voor die oudstes van my volk; as jy wil los, los dan; maar as jy nie wil los nie, gee my te kenne, dat ek dit kan weet, want daar is niemand om te los behalwe jy nie, en ek ná jou. En hy antwoord: Ek sal los.

RUT 4:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek het gedink ek moet met jou hieroor praat sodat jy as losser kan optree as jy wil. As jy die landerye wil hê, moet jy hier in die teenwoordigheid van hierdie getuies verklaar dat jy as losser sal optree. Maar as jy dit nie wil doen nie, moet jy my dadelik sê, want ek is die volgende losser ná jou.” Die man antwoord hom: “Dis goed. Ek sal as losser optree.”

RUT 4:4 DB (Die Boodskap)

Ek het gedink ek moet dit vir jou sê, en daarom is die getuies ook hier, dat jy die grond kan koop as jy dit wil hê. Dit is mos jou reg. Maar as jy dit nie wil hê nie, sê vir my, want ek is die volgende familielid wat die reg het om dit te koop as jy dit nie wil hê nie.” Die man sê toe: “Ek wil dit graag koop.”

RUT 4:4 ABA (Bybel vir almal)

Ek het gedink ek sal dit self vir jou sê. Jy mag nou die grond koop as jy wil, hier waar almal dit kan sien, die manne wat hier sit, die leiers van my volk. As jy dit nie wil doen nie, dan moet jy dit vir my sê, want dan moet ek dit koop.” Die man het gesê: “Goed, ek sal die grond koop.”

RUT 4:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek het gedink ek moet jou inlig en vir jou sê: Neem die grond oor in die teenwoordigheid van diegene wat hier sit en oudstes van my volk. As jy as losser wil optree, doen dit dan. Maar as jy nie as losser wil optree nie, sê dit vir my, sodat ek dit weet; want daar is niemand behalwe jy wat as losser kan optree nie, en ek is die volgende ná jou.” Die man sê toe: “Ja, ek sal as losser optree.”

RUT 4:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ek het gedink om jou bekend te maak deur te sê: Koop dit voor die inwoners en voor die oudstes van my volk. As jy dit wil los, los dit los; maar as jy dit nie wil los nie, sê dit dan vir my, dat ek dit kan weet; en ek is agter jou aan. En hy sê: Ek sal dit los.