RUT 4:3
RUT 4:3 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê hy vir die man: “Daar is 'n stuk grond wat behoort het aan Elimelek wat familie van ons was. Naomi het teruggekom uit die land Moab, en sy wil hê dat 'n man wat familie is van haar man, die grond moet koop.
RUT 4:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sê vir die losser: Die stuk grond van ons broer Eliméleg wil Naómi, wat uit die veld van Moab teruggekom het, verkoop.
RUT 4:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Boas sê toe vir die losser: “Naomi, die vrou wat uit Moab teruggekom het, bied die stuk grond wat aan ons familielid Elimelek behoort het, te koop aan.
RUT 4:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sê hy vir die losser: “Die deel van die grond wat aan Elimeleg, ons familielid, behoort, word verkoop deur Naomi, wat teruggekom het van die gebied van Moab.
RUT 4:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir die bloedverwant: Naomi, wat teruggekom het uit die land Moab, verkoop 'n stuk grond wat ons broer Elimeleg s'n was.