Slaan direk na inhoud oor

RUT 4:13 – Vergelyk alle weergawes

RUT 4:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Boas het toe met Rut getrou en hy het gemeenskap met haar gehad. Die Here het haar swanger laat word, en Rut het 'n seuntjie in die wêreld gebring.

RUT 4:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die HERE het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun gebaar.

RUT 4:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Boas het toe met Rut getrou. Sy het sy vrou geword. Hy het by haar geslaap en die HERE het haar laat swanger word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun.

RUT 4:13 DB (Die Boodskap)

Boas het toe met Rut getrou en nadat hy by haar geslaap het, het die Here haar swanger laat word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Die Here was baie goed vir haar.

RUT 4:13 ABA (Bybel vir almal)

Boas het met Rut getrou, en die Here het vir haar 'n seun gegee.

RUT 4:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Boas het Rut by hom geneem en sy het sy vrou geword. Hy het by haar ingegaan, en die HERE het haar swanger laat word. Sy het aan 'n seuntjie geboorte gegee.

RUT 4:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Boas het toe vir Rut geneem, en sy was sy vrou; en toe hy by haar ingaan, het die HERE haar swanger geword, en sy het 'n seun gebaar.