Slaan direk na inhoud oor

RUT 3:8 – Vergelyk alle weergawes

RUT 3:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe hy in die middel van die nag wakker skrik en omdraai, was hy baie verbaas toe hy 'n vrou by sy voete gewaar.

RUT 3:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en — daar lê 'n vrou aan sy voetenent.

RUT 3:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Omtrent middernag skrik Boas wakker en draai om. Groot was sy verbasing toe hy agterkom dat ’n vrou daar by sy voete lê.

RUT 3:8 DB (Die Boodskap)

Gedurende die nag het Boas wakker geword. Toe hy wou omdraai, was hy verbaas om te sien dat daar ’n vrou by sy voete lê.

RUT 3:8 ABA (Bybel vir almal)

Toe Boas in die middel van die nag wakker word, het hy gesien daar lê 'n vrou by sy voete.

RUT 3:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In die middel van die nag skrik Boas wakker. Iets raak aan hom, en sowaar, daar lê 'n vrou by sy voete!

RUT 3:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En teen middernag het die man bang geword en hom omgedraai, en daar lê 'n vrou aan sy voete.