Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

RUT 3:2 – Vergelyk alle weergawes

RUT 3:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Kyk, Boas saam met wie se werksters jy gewerk het, is mos familie van ons. Hy dors vannag gars op die dorsvloer.

RUT 3:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy gewees het, nie ons bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit.

RUT 3:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jy was mos saam met Boas se diensmeisies. Boas is ’n naby bloedverwant van ons. Kyk, hy gaan vannag gars op die dorsvloer dors.

RUT 3:2 DB (Die Boodskap)

Jy onthou vir Boas, die man saam met wie se werkers jy are opgetel het? Ek het mos vir jou gesê hy is familie van ons. Luister nou, hy gaan later die gars op die dorsvloer uitslaan en dan moet hy dit vir die nag oppas.

RUT 3:2 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal vir jou sê wat ons moet doen. Jy was saam met die vroue wat vir Boas werk, en hy is familie van my. Hy gaan vannag die gars op die dorsvloer in die lug opgooi, sodat die wind die kaf wegwaai.

RUT 3:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Nou ja, Boas wie se werkers jy gevolg het, is mos familie van ons. Hy gaan vanaand by die dorsvloer gars uitwan.

RUT 3:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En nou is Boas nie uit ons geslag nie, by wie se meisies jy was nie? Kyk, hy wen gars vanaand op die dorsvloer.