RUT 2:14
RUT 2:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Teen etenstyd sê Boas vir haar: “Kom hier, kom eet van die brood. Doop jou stukkie in die asyn.” Sy het langs die snyers gaan sit en hy het vir haar gebraaide koring aangebied. Sy het geëet totdat sy versadig was en selfs nog daarvan oorgehou.
RUT 2:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe dit tyd was om te eet, sê Boas vir Rut: “Kom eet saam met ons. Neem vir jou van die brood en druk dit in die wyn.” Sy het toe kom sit by die mense wat die gars afsny, en Boas het vir haar gebraaide koring gegee. Sy het genoeg geëet en daar was nog koring oor.
RUT 2:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En teen etenstyd het Boas vir haar gesê: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkie in die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide koring gegee, en sy het geëet en versadig geword en oorgehou.
RUT 2:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe dit etenstyd was, sê Boas vir haar: “Kom hierheen en eet 'n stukkie brood en doop dit in die wynsous.” Sy het toe by die snyers gaan sit, en Boas het vir haar gebraaide koring gegee. Nadat sy genoeg geëet het en selfs oorgehou het
RUT 2:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Boas sê vir haar: Kom jy hier met etenstyd en eet van die brood en doop jou stukkie in die asyn. En sy het by die maaiers gaan sit, en hy het by haar gebraaide koring gekom, en sy het geëet en genoeg geword en weggegaan.
RUT 2:14 Die Boodskap (DB)
Met etenstyd het Boas vir Rut geroep en gesê: “Kom eet saam met ons. Vat gerus ook van die brood en doop dit in die wynsous om jou dors weg te vat.” Sy het toe by die werkers gaan sit en Boas het vir haar gebraaide koring gegee. Toe sy klaar geëet het, was daar genoeg oor om saam te vat huis toe.