RUT 2:1-3
RUT 2:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n man wat familie was van Naomi se man Elimelek. Die man was ryk en sy naam was Boas. Rut, die Moabitiese vrou, het vir Naomi gevra: “Mag ek asseblief na 'n garsland gaan en gars-are gaan optel by iemand wat my toelaat om dit te doen?” Naomi het gesê: “My dogter, jy mag gaan.” Rut het toe gegaan om die gars-are op te tel wat geval het wanneer die mense die are afsny. Dit het gelukkig so gebeur dat sy gekom het by die garsland wat behoort het aan Boas, die man wat familie was van Elimelek.
RUT 2:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Naómi het 'n bloedverwant gehad van haar man se kant, 'n vermoënde man, uit die geslag van Eliméleg, wie se naam Boas was. En Rut, die Moabitiese, het vir Naómi gesê: Laat ek tog die land ingaan en are optel agter dié een in wie se oë ek genade sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan, my dogter. Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En gelukkig kom sy op 'n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Eliméleg.
RUT 2:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Naomi het 'n vermoënde familielid gehad van haar man Elimelek se kant af. Sy naam was Boas. Rut, die Moabitiese vrou, vra toe vir Naomi: “Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen?” Naomi antwoord haar: “Gaan gerus maar, my dogter.” Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.
RUT 2:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Naomi het aan haar man se kant 'n familielid gehad, 'n vermoënde man uit die geslag van Elimeleg met die naam Boas. Rut, die Moabiet, het vir Naomi gesê: “Kan ek maar na die lande toe gaan en by die gerwe, agter iemand wat my goedgesind sal wees, gaan are optel?” “Gaan maar, my dogter,” het Naomi haar geantwoord. Sy het toe geloop en gaan are optel in die lande agter die snyers. En dit was toe so dat dié deel van die land aan Boas, uit die geslag van Elimeleg, behoort.
RUT 2:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Naomi het 'n bloedverwant van haar man gehad, 'n sterk man van welstand, uit die geslag van Eliméleg; en sy naam was Boas. Toe sê Rut, die Moabitiese vrou, vir Naomi: Laat my tog land toe gaan en are optel agter hom in wie se oë ek genade sal vind. En sy sê vir haar: Gaan, my dogter! En sy het gegaan en gekom en opgetel in die land agter die maaiers aan
RUT 2:1-3 Die Boodskap (DB)
In Betlehem was daar ’n bekende en invloedryke man met die naam Boas. Hy was familie van Naomi se man, Elimeleg. Op ’n dag vra Rut vir Naomi: “Sal dit reg wees as ek na die lande toe gaan en van die koringare optel wat agterbly as hulle klaar geoes het, as hulle my sal toelaat?” “Natuurlik, gaan doen dit gerus,” was Naomi se antwoord. Rut is toe uit na die lande toe waar sy are agter die werkers loop en optel het. Sy het toevallig op ’n stuk land beland wat aan Boas, die familielid van Elimeleg, behoort het.
RUT 2:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In Betlehem was daar ’n welgestelde, invloedryke man met die naam Boas. Hy was familie van Naomi se man, Elimelek. Eendag vra Rut, die Moabitiese vrou, vir Naomi: “Mag ek gaan are optel op die landerye by iemand wat my sal toelaat om dit te doen?” Naomi antwoord haar: “Dis goed so, my dogter, gaan gerus.” Rut is na die landerye toe om agter die snyers te gaan are optel. Dit gebeur toe dat sy op die landerye van Boas, die bloedverwant van haar skoonpa, beland.