RUT 1:20
RUT 1:20 Bybel vir almal (ABA)
Maar Naomi het vir die mense gesê: “Julle moet my nie Naomi noem nie, julle moet my nou ‘Bitter’ noem, want die Almagtige God het my lewe vir my baie bitter gemaak.
RUT 1:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naómi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.
RUT 1:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierop het Naomi vir hulle gesê: “Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara , want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak.
RUT 1:20 Die Boodskap (DB)
“Moenie my Naomi noem nie,” sê sy toe, “noem my eerder Mara (wat bitter beteken), want vandat ons hier weg is tot nou toe het dit bitter swaar met my gegaan. Dit voel vir my of die Almagtige met al sy gewig op my kom druk het en ek nie meer een tree vorentoe kan gee nie.