ROMEINE 9:6 - Compare All Versions

ROMEINE 9:6 ABA (Bybel vir almal)

Julle moenie dink dat God iets belowe het en dit het nie gebeur nie. Julle moet weet dat baie Israeliete nie ware Israeliete is nie.

ROMEINE 9:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

MAAR ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

ROMEINE 9:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit wil nie sê dat die woord van God nie meer geld nie. Immers, nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie

ROMEINE 9:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit is nie asof die woord van God nou gefaal het nie. Want nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.

ROMEINE 9:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Nie asof die woord van God geen effek het nie. Want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie

ROMEINE 9:6 DB (Die Boodskap)

Dit wat ek oor Israel se ongeloof gesê het, beteken nie dat God se Woord nou skielik ongeldig is nie, inteendeel.

ROMEINE 9:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dit impliseer egter nie dat God se beloftes aan die Jode nou ongeldig geword het nie. Ons moet in gedagte hou dat nie almal wat uit ’n Israelitiese familie gebore word, ware Israeliete is nie.