ROMEINE 9:31 - Compare All Versions

ROMEINE 9:31 ABA (Bybel vir almal)

Die Israeliete het probeer doen wat die wette sê sodat God hulle moet vryspreek. Maar hulle het nie regtig gedoen wat die wette sê nie.

ROMEINE 9:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.

ROMEINE 9:31 AFR83 (Afrikaans 1983)

Israel, daarenteen, het 'n wet gesoek waardeur hulle God se vryspraak sou kon kry, maar by so 'n wet het hulle nie uitgekom nie.

ROMEINE 9:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

terwyl Israel, wat geregtigheid deur die wet nagejaag het, die eis van die wet nie kon nakom nie?

ROMEINE 9:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar Israel, wat die wet van geregtigheid nagejaag het, het die wet van geregtigheid nie bereik nie.

ROMEINE 9:31 DB (Die Boodskap)

Aan die ander kant het Israel, wat van vroeg tot laat die wet probeer hou het sodat hulle in die regte verhouding met God kon wees, dit nie reggekry nie.

ROMEINE 9:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Terselfdertyd het Israel, wat so hard probeer het om deur nakoming van die wet God se goedkeuring te verkry, nie daarin geslaag nie.