ROMEINE 9:27-28
ROMEINE 9:27-28 Bybel vir almal (ABA)
En Jesaja skree en sê oor die Israeliete: Die Israeliete is so baie soos die sand van die see, maar die Here sal min van hulle red, Hy sal die klein bietjie red wat oorbly, want die Here sal die mense op die aarde straf, Hy sal dit gou doen.
ROMEINE 9:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
ROMEINE 9:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Jesaja roep van Israel dít uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand van die see, net die handjievol wat oorbly, sal gered word, want die Here gaan eens en vir altyd hier op aarde die saak afhandel.”
ROMEINE 9:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Jesaja roep aangaande Israel uit: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, sal net 'n oorblyfsel verlos word; want die Here gaan 'n volledige en spoedige afrekening op die aarde hou.”
ROMEINE 9:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesaja roep ook oor Israel: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, 'n oorblyfsel sal gered word. Want hy sal die werk voltooi en dit verkort in geregtigheid, want die Here sal 'n kort werk op die aarde maak.