ROMEINE 9:13
ROMEINE 9:13 Bybel vir almal (ABA)
Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Ek was lief vir Jakob, maar Ek het nie van Esau gehou nie.
ROMEINE 9:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
ROMEINE 9:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat 'n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
ROMEINE 9:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos daar geskryf staan: “Jakob het Ek liefgehad, maar van Esau het Ek 'n afkeer gehad.”
ROMEINE 9:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad, maar Esau het Ek gehaat.
ROMEINE 9:11-13 Die Boodskap (DB)
Toe haar kinders nog nie eens gebore was nie en nog nie kon goed doen of kwaad doen nie, is daar aan haar gesê: “Jou kind wat eerste gebore word, sal die een dien wat tweede gebore word.” So het God gewys dat sy besluit om vir Hom ’n volk uit te kies nie afhanklik is van enigiets wat ons doen nie. Nee, Hy roep mense na Hom toe sonder dat Hy eers na al hulle goeie en slegte dade kyk. Daarom staan daar in die profeet Maleagi geskryf: “Ek het Jakob liefgehad. Ek het Esau gehaat.”