ROMEINE 9:12
ROMEINE 9:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.
ROMEINE 9:11-12 Bybel vir almal (ABA)
God het vir Rebekka gesê: Die oudste seun sal die jongste seun dien. God het dit gesê voordat die twee kinders gebore is en voordat hulle iets gedoen het wat goed of sleg is. Dit wys dat God self besluit wie Hy wil kies om sy kinders te wees. Hy kies hulle nie omdat hulle goeie dinge doen nie, Hy kies hulle omdat Hy besluit Hy wil hulle kies.
ROMEINE 9:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat 'n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
ROMEINE 9:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want nog voordat haar kinders gebore is, of iets goeds of kwaads gedoen het, is vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Dit het gebeur, sodat God se voorneme volgens sy uitverkiesing sou bly staan, nie op grond van mense se dade nie, maar op grond van Hom wat roep.
ROMEINE 9:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is vir haar gesê: Die oudste moet die jongste dien.
ROMEINE 9:11-13 Die Boodskap (DB)
Toe haar kinders nog nie eens gebore was nie en nog nie kon goed doen of kwaad doen nie, is daar aan haar gesê: “Jou kind wat eerste gebore word, sal die een dien wat tweede gebore word.” So het God gewys dat sy besluit om vir Hom ’n volk uit te kies nie afhanklik is van enigiets wat ons doen nie. Nee, Hy roep mense na Hom toe sonder dat Hy eers na al hulle goeie en slegte dade kyk. Daarom staan daar in die profeet Maleagi geskryf: “Ek het Jakob liefgehad. Ek het Esau gehaat.”