ROMEINE 9:1 - Compare All Versions

ROMEINE 9:1 ABA (Bybel vir almal)

Ek behoort aan Christus, en die Heilige Gees help my om te weet wat reg is en wat verkeerd is. Daarom praat ek die waarheid, ek lieg nie wanneer ek vir julle sê

ROMEINE 9:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie — my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees

ROMEINE 9:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

In my verbondenheid met Christus praat ek die waarheid, ek lieg nie; en my gewete, wat deur die Heilige Gees gelei word, getuig saam met my

ROMEINE 9:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek praat die waarheid in •Christus – ja, ek lieg nie – en my gewete, deur die werking van die Heilige Gees, getuig teenoor my

ROMEINE 9:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie, my gewete getuig ook van my in die Heilige Gees

ROMEINE 9:1 DB (Die Boodskap)

Ek wil nou met julle praat oor ’n groot probleem wat ek al lankal hier binne-in my ronddra.

ROMEINE 9:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Voor Christus verklaar ek plegtig – ek vertel nie ’n leuen nie – en my gewete, bekragtig deur die Heilige Gees, bevestig dat wat ek nou gaan sê die waarheid is