Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 7:21 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 7:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte.

ROMEINE 7:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.

ROMEINE 7:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek ervaar dus die volgende lewenswet: As ek die goeie wil doen, is die kwaad byderhand.

ROMEINE 7:21 DB (Die Boodskap)

My lewe is nou so voorspelbaar soos kan kom. Elke keer as ek besluit om goed te doen, pootjie die sonde my.

ROMEINE 7:21 ABA (Bybel vir almal)

Ek het iets geleer wat altyd waar is: Ek wil graag die goeie dinge doen, maar die slegte dinge is altyd in my.

ROMEINE 7:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dus vind ek hierdie wet: Wanneer ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.

ROMEINE 7:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek vind dan 'n wet dat, wanneer ek goed wil doen, die kwaad by my is.