Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 6:20 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 6:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie.

ROMEINE 6:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.

ROMEINE 6:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Destyds toe julle slawe van die sonde was, het julle julle nie gesteur aan wat reg is voor God nie.

ROMEINE 6:20 DB (Die Boodskap)

Vroeër was julle verslaaf aan die sonde. Julle kon eenvoudig nie genoeg daarvan kry nie.

ROMEINE 6:20 ABA (Bybel vir almal)

Toe julle slawe van die sonde was, het die sonde oor julle regeer. Julle het nie gedoen wat God wil hê nie.

ROMEINE 6:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want toe julle nog slawe van die sonde was, was julle nie aan geregtigheid gebonde nie.

ROMEINE 6:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want toe julle dienaars van die sonde was, was julle vry van geregtigheid.