ROMEINE 5:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 5:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe.
ROMEINE 5:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe
ROMEINE 5:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
’n Persoon sal kwalik bereid wees om vir ’n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir ’n besonder goeie mens te sterf.
ROMEINE 5:7 DB (Die Boodskap)
Nie een van ons sal ooit ons lewe vir iemand anders prysgee nie. Ja, miskien nog vir ’n baie goeie vriend of vir die een of ander goeie mens.
ROMEINE 5:7 ABA (Bybel vir almal)
Niemand sal lus wees om te sterf om 'n ander mens te red nie, ook nie as daardie ander mens reg lewe nie. Ja, miskien sal daar iemand wees wat dapper is en lus is om te sterf om 'n goeie mens te red.
ROMEINE 5:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Mens sal nie maklik vir 'n •regverdige persoon sterf nie, al sou 'n mens dalk nog die moed hê om vir so 'n goeie persoon te sterf.
ROMEINE 5:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want beswaarlik sal iemand vir 'n regverdige sterwe, maar miskien sal sommige vir 'n goeie man dit selfs waag om te sterf.