ROMEINE 5:16
ROMEINE 5:16 Bybel vir almal (ABA)
God se genade is nie soos Adam se sonde nie. Een mens, Adam, het sonde gedoen, en God het gesê Adam het verkeerd gedoen, daarom sal God hom straf. Maar God se genade is anders. Die mense het baie sondes gedoen, maar toe het God se genade gekom, God was goed vir die mense en Hy het hulle vrygespreek.
ROMEINE 5:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.
ROMEINE 5:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei.
ROMEINE 5:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die gawe is nie soos die gevolg van een mens se sonde nie; want die oordeel oor een mens se oortreding het tot veroordeling gelei, maar die genadegawe het tot •vryspraak van baie oortredings gelei.
ROMEINE 5:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nie soos dit was deur een wat gesondig het nie, so is die gawe; want die oordeel was deur een tot veroordeling, maar die vrye gawe is van baie misdade tot regverdigmaking.
ROMEINE 5:16 Die Boodskap (DB)
Daar is eintlik geen vergelyking tussen Adam se doodsonde en God se splinternuwe geskenk aan ons nie. Want God se reaksie op Adam se sonde was kort en kragtig: ’n doodsvonnis vir die ganse wêreld. Maar toe volg daar ’n wonderwerk. In reaksie op ons derduisende oortredings het Hy ons heeltemal verniet kom vryspreek van ons sondes.
ROMEINE 5:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En die resultaat van God se genadegeskenk verskil radikaal van die resultaat van die een mens, Adam, se sonde. Want hierdie een mens se sonde het gelei tot veroordeling, maar ons ontvang die genadegeskenk van God se vryspraak, al staan ons skuldig aan ’n menigte oortredings.