ROMEINE 4:9
ROMEINE 4:9 Bybel vir almal (ABA)
Wie is die mense wat gelukkig is? Die mense wat besny is, is gelukkig, maar die mense wat nie besny is nie, is ook gelukkig. Want ek het voorheen gesê dat God vir Abraham vrygespreek het omdat hy geglo het.
ROMEINE 4:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
ROMEINE 4:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Het hierdie uitspraak oor wie geseënd is, net betrekking op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Ons sê weer: “Deurdat Abraham geglo het, het God hom vrygespreek.”
ROMEINE 4:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is hierdie seën dan net vir die besnedenes, of ook vir die onbesnedenes? Ons sê tog: “Abraham se geloof is vir hom as regverdiging gereken.”
ROMEINE 4:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kom hierdie saligheid dan oor die besnedenes, of ook oor die onbesnedenes? want ons sê dat die geloof aan Abraham tot geregtigheid gereken is.