ROMEINE 4:4-5
ROMEINE 4:4-5 Bybel vir almal (ABA)
As mense dinge moet doen sodat God hulle moet vryspreek, dan is dit dieselfde soos wanneer hulle werk en iemand betaal hulle daarvoor. Hulle kry die betaling omdat hulle gewerk het en nie omdat die man vir wie hulle werk, goed wil wees vir hulle nie. Maar God spreek mense vry, nie omdat hulle dinge doen nie, maar omdat hulle glo. Hulle glo in Hom wat sondaars vryspreek.
ROMEINE 4:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
ROMEINE 4:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Arbeider se loon word nie vir hom as 'n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom. Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof.
ROMEINE 4:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Iemand wat werk, se loon word nie as 'n guns gereken nie, maar as iets wat hom toekom. Iemand wat egter nie werk nie, maar glo in die Een wat die goddelose regverdig verklaar – vir hom word sy geloof as regverdiging toegereken.
ROMEINE 4:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan hom wat werk, word die loon nie uit genade gereken nie, maar uit skuld. Maar aan hom wat nie werk nie, maar in Hom glo wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
ROMEINE 4:4-5 Die Boodskap (DB)
As jy werk, kry jy betaling daarvoor. Jy verdien dit immers omdat jy daarvoor gewerk het. God is egter nie soos ’n eienaar wat werkers beloon wat hard gewerk het nie. ’n Mens kom net in die regte verhouding met God as jy in Hom glo as die Een wat goddelose mense vryspreek. Selfs
ROMEINE 4:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer mense ’n werk verrig, word hulle loon nie as ’n guns beskou nie, maar as vergoeding. Die saak staan heeltemal anders met daardie mense wat geen prestasie het waarop hulle kan staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddeloses vryspreek – hulle word vrygespreek deurdat hulle glo.