ROMEINE 4:4 - Compare All Versions
ROMEINE 4:4 ABA (Bybel vir almal)
As mense dinge moet doen sodat God hulle moet vryspreek, dan is dit dieselfde soos wanneer hulle werk en iemand betaal hulle daarvoor. Hulle kry die betaling omdat hulle gewerk het en nie omdat die man vir wie hulle werk, goed wil wees vir hulle nie.
ROMEINE 4:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste
ROMEINE 4:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
'n Arbeider se loon word nie vir hom as 'n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom.
ROMEINE 4:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Iemand wat werk, se loon word nie as 'n guns gereken nie, maar as iets wat hom toekom.
ROMEINE 4:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan hom wat werk, word die loon nie uit genade gereken nie, maar uit skuld.
ROMEINE 4:4 DB (Die Boodskap)
As jy werk, kry jy betaling daarvoor. Jy verdien dit immers omdat jy daarvoor gewerk het.
ROMEINE 4:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Wanneer mense ’n werk verrig, word hulle loon nie as ’n guns beskou nie, maar as vergoeding.