ROMEINE 3:4
ROMEINE 3:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
ROMEINE 3:4 Die Boodskap (DB)
Nee, beslis nie. God hou altyd sy woord. Hy bly lojaal selfs al lieg en bedrieg almal op aarde. Dit is soos een van die psalms sê: “Dit wat U sê, is reg. U wen altyd u saak wanneer mense U beskuldig dat U ontrou is.”
ROMEINE 3:4 Bybel vir almal (ABA)
Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê, dan is dit reg. Mense wat probeer om vir U te beskuldig, verloor altyd.
ROMEINE 3:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
ROMEINE 3:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar, soos daar geskrywe staan: “U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen u saak wanneer U aangekla word.”
ROMEINE 3:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoegenaamd nie. Al is elke mens vals, laat God waaragtig wees. Soos daar geskryf staan, “sodat U reg bewys kan word deur u woorde, en U sal wen wanneer U oordeel”.
ROMEINE 3:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God verhoed dit: ja, laat God waaragtig wees, maar elke mens 'n leuenaar; soos geskrywe is: Sodat jy geregverdig kan word in jou woorde en oorwin kan word as jy geoordeel word.