ROMEINE 3:30
ROMEINE 3:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
aangesien dit een God is wat besnedenes op grond van die geloof regverdig sal verklaar, en ook onbesnedenes deur die geloof.
ROMEINE 3:30 Bybel vir almal (ABA)
Daar is net een God. Hy sal die mense wat besny is, vryspreek omdat hulle glo, en Hy sal die mense wat nie besny is nie, ook vryspreek omdat hulle glo.
ROMEINE 3:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.
ROMEINE 3:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
want daar is net een God. Hy sal die besnedenes deur die geloof en die onbesnedenes deur dieselfde geloof vryspreek.
ROMEINE 3:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aangesien dit een God is wat die besnedenes uit die geloof en die onbesnedenheid deur die geloof sal regverdig.