ROMEINE 3:30 - Compare All Versions

ROMEINE 3:30 AFR83 (Afrikaans 1983)

want daar is net een God. Hy sal die besnedenes deur die geloof en die onbesnedenes deur dieselfde geloof vryspreek.

ROMEINE 3:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.

ROMEINE 3:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daar is net een God en daar is net een manier om sy vryspraak te ontvang. Hy spreek mense vry net deurdat hulle glo – en dit geld vir Jode sowel as nie-Jode.

ROMEINE 3:30 DB (Die Boodskap)

Daar is slegs een God en Hy spreek alle mense vry wat in Hom glo. Of hulle besny is of nie, maak glad nie vir Hom saak nie.

ROMEINE 3:30 ABA (Bybel vir almal)

Daar is net een God. Hy sal die mense wat besny is, vryspreek omdat hulle glo, en Hy sal die mense wat nie besny is nie, ook vryspreek omdat hulle glo.

ROMEINE 3:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

aangesien dit een God is wat besnedenes op grond van die geloof regverdig sal verklaar, en ook onbesnedenes deur die geloof.

ROMEINE 3:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Aangesien dit een God is wat die besnedenes uit die geloof en die onbesnedenheid deur die geloof sal regverdig.