ROMEINE 3:23-24
ROMEINE 3:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.
ROMEINE 3:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
ROMEINE 3:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.
ROMEINE 3:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Want al die mense het sonde gedoen en hulle lewe nie soos God, die Koning, wil hê hulle moet lewe nie, maar God spreek hulle vry omdat Hy baie goed is vir hulle, omdat Christus Jesus hulle vrygemaak het.
ROMEINE 3:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
ROMEINE 3:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.
ROMEINE 3:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle; en tog word hulle goedgunstig op grond van sy genade vrygespreek deur die bevryding in Christus Jesus.
ROMEINE 3:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God; om sonder verdienste geregverdig te word uit sy genade deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
ROMEINE 3:23-24 Die Boodskap (DB)
Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. Ten spyte daarvan het Hy besluit om ons vry te spreek.