ROMEINE 3:21
ROMEINE 3:21 Bybel vir almal (ABA)
Maar nou het God vir ons kom wys dat Hy mense vryspreek, maar nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. Ons lees daarvan in die Wette van Moses en in die boeke van die profete.
ROMEINE 3:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig
ROMEINE 3:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie
ROMEINE 3:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar nou word die geregtigheid van God, waarvan die Wet en die Profete getuig, sonder die wet bekend gemaak.
ROMEINE 3:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar nou word die geregtigheid van God sonder die wet geopenbaar, terwyl die wet en die profete daarvan getuig