ROMEINE 3:19
ROMEINE 3:19 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat almal wat God se wette ken, moet doen wat die wette sê. Daarom kan niemand sê hy is onskuldig nie. Ja, God moet al die mense in die wêreld straf
ROMEINE 3:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees
ROMEINE 3:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God.
ROMEINE 3:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons weet dat alles wat die wet sê, gerig is aan diegene wat onder die wet staan, sodat elke mond die swye opgelê kan word, en die hele wêreld hulle voor God moet verantwoord.
ROMEINE 3:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou weet ons dat alles wat die wet sê, dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop kan word en die hele wêreld skuldig kan word voor God.