ROMEINE 2:9
ROMEINE 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Ja, God sal ál die mense straf wat verkeerd doen. Hy sal hulle laat swaarkry, en dit sal sleg gaan met hulle, met hulle almal, eerste die Jode en dan die mense wat nie Jode is nie.
ROMEINE 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek
ROMEINE 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Lyding en benoudheid bring Hy oor die lewe van elke mens wat kwaad doen, in die eerste plek oor dié van die Jood, maar ook oor dié van die nie-Jood.
ROMEINE 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verdrukking en benoudheid wag vir elke mens wat aanhou kwaad doen, eerstens vir die Jood, maar ook vir die Griek.
ROMEINE 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verdrukking en benoudheid oor elke siel van die mens wat kwaad doen, eerste van die Jood en ook van die nie-Jood