ROMEINE 2:3 - Compare All Versions
ROMEINE 2:3 ABA (Bybel vir almal)
Jy, ja jý, sê ander mense doen dinge wat verkeerd is, maar jy doen dieselfde dinge. Jy moet weet dat God jou ook sal straf, jy sal nie kan wegvlug nie.
ROMEINE 2:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
ROMEINE 2:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?
ROMEINE 2:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring?
ROMEINE 2:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dink jy, o mens, wat die wat sulke dinge doen, oordeel, en dieselfde doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
ROMEINE 2:3 DB (Die Boodskap)
Ek sê weer: jy moet baie versigtig wees om nie die vinger na ander mense te wys terwyl jy dieselfde dinge as hulle aanvang nie. Jy sal God se oordeel glad nie vryspring nie.
ROMEINE 2:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dink jy dan – jy wat ander veroordeel wat hierdie dinge doen, en tog ook self daarmee besig is – dat jy God se oordeel sal vryspring?