YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

ROMEINE 2:28

ROMEINE 2:28-29 Bybel vir almal (ABA)

Wie is die ware Jode? Dit is nie die mense wat vir ander mense lyk soos Jode nie. Nee, hulle moet in hulle hárte Jode wees. As mense se liggame besny is, dan is hulle nog nie regtig besny nie. Hulle hárte moet besny wees. Dit beteken: Dit is nie belangrik dat mense se liggame besny is nie, dit is belangrik dat die Heilige Gees in hulle harte is. Dán sal Gód hulle prys, nie ander mense nie.

Deel
Lees ROMEINE 2

ROMEINE 2:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Want nie hý is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie

Deel
Lees ROMEINE 2

ROMEINE 2:28 Afrikaans 1983 (AFR83)

Nie hy is 'n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie.

Deel
Lees ROMEINE 2

ROMEINE 2:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Want om 'n Jood te wees, is nie iets uiterliks nie, en besnydenis is nie iets wat uiterlik aan die liggaam geskied nie

Deel
Lees ROMEINE 2

ROMEINE 2:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Want hy is nie 'n Jood wat dit uiterlik is nie; ook nie die besnydenis wat in die openbaar in die vlees is nie.

Deel
Lees ROMEINE 2

ROMEINE 2:28 Die Boodskap (DB)

Verstaan jy dan nie dat daardie teken aan jou lyf nog nie van jou ’n ware Israeliet maak nie?

Deel
Lees ROMEINE 2

ROMEINE 2:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jy is nie ’n ware Jood bloot omdat jy in die openbaar as ’n Jood bekend staan of omdat jy uitwendig besny is nie.

Deel
Lees ROMEINE 2
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's